The Goods Shed – Mossel Bay – The Biggest Indoor Fleamarket in the Southern Cape

Rotivo Clothing

Rotivo Clothing Die Goods Shed, Mosselbaai. Klerasie, Geskenke, HandelsmerkRotivo is 'n winkel so na PA se hart. Ons verkoop/versprei hoofsaaklik die baie gewilde Boerboel Wear klerasie.

CONTACT US | KONTAK

driesdut@gmail.com
0823785805

Rotivo Clothing

Klerasie, Geskenke, Handelsmerk Rotivo is ‘n winkel so na PA se hart. Ons verkoop/versprei hoofsaaklik die baie gewilde Boerboel Wear klerasie.

Rotivo is ‘n winkel so na PA se hart.

Ons verkoop/versprei hoofsaaklik die baie gewilde Boerboel Wear klerasie. Ander produkte beskikbaar is van Republk, Jacaru Australiaanse Hoede en die bekende Buffelsfontein Baard-Olie. Of dit nou pa se verjaarsdag, Vadersdag of Kersfees is, pa sal hoogs tevrede wees met ‘n produk vanaf Rotivo se rak…….Gelukkig is daar ook vir ma iets beskikbaar.

Boerboel Wear

Boerboel Wear is ‘n trots Suid-Afrikaanse handelsmerk wat ontwikkel en vervaardig word in Suid-Afrika. Ons camo- en Kalahari-reeks is geïnspireer deur die kenmerke van die Boerboel, ‘n eg Suid-Afrikaanse honderas, en bied die perfekte kombinasie tussen betroubaarheid en intelligensie.

Buffelsfontein Baard-Olie

JY IS ‘N MAN

Jy klim berge en jy brandmerk beeste. Jy vang vis met dinamiet en jy drink bier uit ‘n gedroogde ratel skrotum. Jy jag en maak vuur en verjaag inbrekers met jou kaal hande. Jy is lief vir drie dinge; jou ma, jou bakkie en jou baard. Daarom koop jy sjokolade vir jou ma, diesel vir jou bakkie en Buffelsfontein Baard-olie vir jou baard.

Ons olie sal jou baard so majestueus laat lyk, dat leeus in die wildtuin sal ween van jaloesie. Tawwe Tienies se onderlippe sal begin bewe as jy verbystap. Tengerige tieners sal hulle rugbybroekies natmaak as jy praat. Astertjies sal bloos as jou ken-kuif in die wind wapper. Jou vorstelikheid sal die volke verstom – Meyer Le Roux

Republk

Vind jou ware Noord

As jy Republk koop is jy ‘n burger van die Republk. ’n Republk is ’n groep mense met gedeelde waardes en saamgevlegte ideale, jy is nou deel van ’n plek waar jy jou kultuur kan uitleef. Leef jou identiteit uit, stel jou seil in op Ware Noord en leef ’n lewe van avontuur!

Republk – harde werk, klassieke styl en ’n druppel ruwe natuur.

Elke t-hemp het ‘n storie, elke produk betekenis…

#DraRepublk

WELCOME to Rotivo Clothing
@ The Goods Shed | Mossel Bay/Mosselbaai